
Hierdie gaan ‘n reeks word, soos “Cowboys don’t Cry”
‘n Boer maak ‘n plan, maar wie maak ‘n plan vir die boer?
Baie van ons het van kleintyd af geleer dat ‘n man onafhanklik en sterk moet wees, maar die leefstyl is iets wat ons soos ‘n swaar rugsak oral rond dra. As man moet ek sterk wees, in beheer wees, ek mag nie huil nie. Dit beteken dat my hart moet hard word en dat as ek misluk, voel dit of ek my erfenis in die steek laat.
Wanneer ‘n boer ‘n plan moet maak, dan word emosies my vyand. Maar dit is nie hoe dit hoord nie. Want Jesus het gehuil, daar was tye wat Hy vrustrasie ervaar het en op Sy moeilikste dag op aarde was Hy bang gewees.
God is so lief vir ons, dat Hy vir ons emosies gegee het – sodat ons die lewe in ‘n dieper sin kan ervaar. Die probleem is dat soveel mans nie ‘n gesonde verhouding met emosies het, omdat ons altyd in beheer moet wees en altyd besig is om planne te maak.
Hier is ‘n voorsmaak van die kurses:
Ek is nog nie seker hoe vinnig die kurses in Afrikaans beskikbaar sal wees nie. As dit iets is waarin jy belang stel, laat my asseblief weet: