LAAT DIT ’N WEERBERIG WEES, NIE ’N VONNIS NIE

Hoe om na emosies te kyk sonder om daardeur oorheers te word

Weerberig: Emosies as inligting

  • “Daar is vandag hartseer hier.”
  • “Eensaamheid het gisteraand ingetrek.”
  • “Angs is besig om op te bou.”
  • “Daar was vir ‘n kort rukkie kalmte.”

Weerberigte beskryf wat besig is om te gebeur, nie wie jy is nie (seisoen).

Vonnis: Emosies as identiteit of oordeel

  • “Ek is gebreek.”
  • “Ek sal altyd so voel.”
  • “Daar is fout met my.”
  • “Dit beteken ek faal.”

Vonnisse ken betekenis, skuld of permanentheid toe.


Waarom die verskil saak maak

  • Die weer verander: Terwyl ‘n vonnis jou vasvang.
  • Die weer nooi sorg uit: Terwyl ‘n vonnis eis dat jy dinge “regmaak” of vlug.

’n Gesonder innerlike reaksie

“Hierdie gevoel is werklik, maar dit is nie die hele storie nie.”


In die praktyk

Wanneer ‘n emosie opduik, probeer om te sê:

  • “Ek merk op…”
  • “Op die oomblik…”
  • “Vandag voel dit soos…”

In plaas van:

  • “Ek is…”
  • “Dit beteken…”
  • “Ek sal nooit…”

Emosies dra ‘n sein of ‘n boodskap, hulle werk is nie om my identiteit te skep nie. As ek vir lank genoeg ‘n spesifieke emosie voel, kan ek begin om my identiteit om dit te bou. 

Byvoorbeeld: iemand wat lank genoeg teneergedruk voel kan besluit dat hy hopeloos is, in plaas van om te sê dat sy omstandighede hopeloos voel. 


Skriflesing

Psalm 30:6: “Gisteraand was daar nog trane, maar vanmôre is daar gejuig.”

Die weer gaan verby. Jou identiteit bly staan.